Ek ken vir Lee-Ann al vir jare as wonderlike vriendin en een van die beste grimeerkunstenaars in Suid Afrika (groot films soos Pretville, French Toast, Strictly Come Dancing se akteurs en deelnemers het almal onder haar kunstige mooimaak hande gestransformeer). Maar behalwe vir haar ongelooflike talent, is hierdie vrou ‘n vrou wat so na aan die Here lewe. Geen wonder Hy het juis vir Bertus van Rooyen, man van God, aan haar belowe nie. Dit is min wat jy so ‘n unieke paartjie raakloop wat soveel wonderwerke kan deel en dit agv. die krag van gebed.
So ek was baie bevooreg om hierdie heerlike piekniek-kuier-speeldag in Hartbeespoortdam met hulle te kon spandeer. Die pragtige twee mense trou volgende jaar en hulle gaan verseker nog baie ander harte aanraak.